Search
 View Article    

Current Articles | Categories | Search

SEB-aandeel in JSE kwyn - Burger Die - Sake 24

Swart aandeelhouers se sny van die JSE-koek krimp. Die JSE-markkapitalisasie van
bemagtigingstransaksies met 'n bree basis het na raming van 9% in 2008 tot 3% in 2009 gedaal weens die swak ekonomie, se me. Phillisiwe Buthelezi, uitvoerende
hoof van die nasionale bemagtigingsfonds (NEF). Verlede jaar is R36.5 miljard se
bemagtigingstransaksies onderneem, waarvan R23,3 miljard se transaksies later gekanselleer is. In 2007 is bemagtigingstransaksies van R83.7 miljard onderneem
waarvan R17 miljard gekanselleer is. Die randwaarde van ongenoteerde
bemagtigingstransaksies het daarenteen tot R12,5 miljard teen einde 2008 gestyg. In 2007 was dit R10,2 miljard. Buthelezi se die jongste NEF-inligting oor die 2009-daling is egter nog nie geverifieer nie. Die NEF se slegte skuld het van 19% in 2008 tot 24% in 2009 opgeskiet. Mnr. Andrew Wright, finansiele hoof, se dit moet na minstens 20% afgebring word. Hy se die toename - met R36miljoen tot R89 miljoen - in die jaar tot einde Maart is verwag. Ander ontwikkelingsfinansiers soos die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) en Khula-kleinsakefinansiers kan ook hiervan getuig. Khula noem in sy jaarverslag in die jaar tot einde Maart het slegte
skuld R66 miljoen beloop - 'n groot sprong van die R27,5 miljoen in 2008.
Die NEF se leningsboek het in die eerste ses maande van 2009 met R500 miljoen toegeneem - meer as waarmee dit in die hele 2008 toegeneem het. Dit is veral
omdat handelsbanke risiko-sku geraak het en minder lenings vir bemagtiging toestaan. Die NEF, met R5 miljard se kapitaal en reserwes, waarvan R2 miljard met sy stigting van die departement van handel en nywerheid ontvang is, se geld vir lenings oor die volgende 24 maande is reeds vasgemaak. Gesprekke oor finansiering word met die departement van handel en nywerheid asook die nasionale tesourie gevoer. 'n Groot deel van die gesprekke handel oor die herklassifisering van die NEF. Kragtens die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies mag die NEF nie geld in die mark leen nie. As gesprekke met die tesourie
slaag, sal die NEF se klassifikasie soortgelyk aan die van die NOK wees en sal hy oor 24 maande self geld op die markte kan insamel, se Wright. Daar word ook met die tesourie onderhandel dat die NEF naastenby 30% van sy tesourie-afdeling
aan die private sektor kan uitkontrakteer. In teenstelling met die NEF het Khula gister die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid om Rl,7 miljard van die
regering genader. Mnr. Mario Goriani-Ambrosini van die IVP het gese die NEF, wat
goed vaar, moet eerder met Khula saamsmelt. Mnr. Andricus van der Westhuizen
van die DA het Buthelezi se salaris van R3,6 miljoen (na 'n 19,5%-verhoging) en 'n bonus van R1.4 miljoen bevraagteken in die lig van die toename in veral slegte
skuld.

Previous Page | Next Page


Currently, there are no comments. Be the first to post one!

You must be logged in to post a comment. You can login here

);